Lrc Player

Die Stem van Suid-Afrika

Volkslied van Zuid-Afrika (1910-1996)
[05:10.09]·
This lyric sheet isn't paired with a song yet, so lines are shown but won't sync or seek.

[00:03.78] Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,

[00:14.78] Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.

[00:26.28] Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa.

[00:38.28] Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

[00:50.53] Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:

[01:03.28] Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika.

[01:20.06] In die murg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,

[01:31.06] In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,

[01:42.31] In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf —

[01:54.06] Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

[02:06.06] Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:

[02:17.81] Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.

[02:34.81] In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,

[02:45.31] In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,

[02:56.34] By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis —

[03:07.09] Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

[03:18.60] Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:

[03:30.10] Om te lewe, om te sterwe - ja, ons kom Suid-Afrika

[03:43.60] Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:

[03:55.60] Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —

[04:08.85] Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:

[04:22.10] Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

[04:35.60] Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —

[04:49.35] Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.